Tuesday 9 October 2012

JAKOBUS (2)



Jakobus1:1
Redes vir beproewing:

Daar is verskeie redes tot beproewing.
1.    Ewigheidsperspektief: Ons moet alle beproewing sien in die lig van die Ewigheid wat op die wag wat in Christus is. Ons Ewige Hoop. Hoe groter die beproewing en hoe langer dit aanhou, hoe meer sien ons uit na die Ewigheid met Christus.Rom.8:18-25 en 5:3-4; 2 Kor.4:4,16-18
2.    Ons vertroue op God groei in tye van beproewing. Ons verbly ons omdat Hy voorsien in alles wat ons nodig het. 2Pet.1:3. Ons sien dit so duidelik in Abraham, Elia, Daniël e.a. se lewens. Heb. 11:4-39.
3.    In tye van beproewing word ons gestroop van ons vertroue op wêreldse middele. 1 Pet.4:1
4.    Beproewing wys uit waar ons liefde lê. Abraham en Isak. 2 Kor.4:14, 16-18; Deut.10:12; Matt.22:38.
5.    Dit help ons om ons seëninge te waardeer. Ons verstand wil dat ons moet waarde heg aan die dinge van die wêreld, ons emosies wil dat ons waarde heg aan plesier en gemak, maar deur beproewing leer ons om die geestelike te waardeer – dinge soos God se Woord, Sy versorging, Sy voorsienning, ons verlossing in Christus en nog baie meer. Heb.12:2; Ps.63:3-7. 
6.    Ons ontwikkel om van groter waarde vir die Here te wees. 2 Kor.12:10. “The worth of a soldier is never known in times of peace”.
7.    Beproewing toets die kwaliteit van ons geloof. Job 42:5-6.
8.    Dit lei tot nederige afhanklikheid van God. 2 Kor.12:7.
9.    Beproewing help om ons te speen van wêreldse genot. Heb.11:24-26 – Moses.
10.  Dit help ons om vir ander gelowiges van groter waarde te wees. 2 Kor.1:3-6. Jesus was vir ons hierin tot voorbeeld. Heb.2:18; Luk.22:31-32.
Job sê aan sy vriende tydens sy beproewing: “Kyk, al wil Hy my ombring – ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor Sy aangesig bepleit”. Job 13:15 en 23:10. Job het jare der jare voor Paulus al verstaan wat Rom.8:18 beteken.

JAKOBUS (1)



Inleiding:
Daar was net twee persone wat gesien kon word as die skrywers van Jakobus: Jakobus die seun van Zebedee en broer van Johannes of Jakobus die half-broer van Jesus. Jakobus die seun van Zebedee is egter vroeg as martelaar oorlede (Hand.12:2) en daarom sluit dit hom uit. Hoewel Jakobus die half-broer van Jesus Hom nie aanvanklik gevolg het nie, het hy later ‘n absolute oortuigde navolger van Jesus, Israel se Messias geword. Hy het Jesus met soveel passie gedien en gevolg dat hy die leier van die gemeente in Jerusalem geword het (Hand. 12:17; Gal.2:9). Hy sterf as martelaar in A.D.62.

Hierdie boek het ‘n besondere Joodse karakter. Ons lees dat dit gerig word aan die 12 stamme van Israel en daar word ook melding gemaak van Abraham, Elija, Ragab en Job.

Die boek is na alle waarskynlikheid in 44-49 A.D. geskryf. Verder word die boek met die Ou Testamentiese wysheids literatuur vergelyk. Ons sien egter dat Jakobus besonderlik beinvloed is deur die Bergpredikasie.

Jakobus
Bergpredikasie
Jakobus
Bergpredikasie
1:2
Matt.5:10-12
3:6
5:22
1:4
5:48
3:10-12
7:15-20
1:5
7:7-12
3:17-18
5:9
1:9
5:3
4:4
6:24
1:12
7:14
4:10
5:3-5
1:20
5:22
4:12-12
7:1-5
1:22
7:21-27
5:2-3
6:19-20
2:5
5:13
5:10
5:12
2:13
5:7; 6:14-15
5:11
5:10
2:14-16
7:21-23
5:12
5:33-37

Die Skrywer en sy boodskap: Jakobus1:1
“Jakobus ‘n dienskneg van God” Wanneer Jakobus na homself as dienskneg van God verwys dui dit duidelik op sy nederigheid. Hy kon na homself verwys het as die seun van Maria en die broer van Jesus,


maar hy verwys na homself as dienskneg of “slaaf” wat duidelik wys op sy gesindheid teenoor God en Jesus. ‘n Slaaf: iemand wat geen persoonlike vryheid het nie en totaal onderworpe en gehoorsaam is aan sy eienaar.