Thursday 15 October 2015

GEROEP OM 'n VERSKIL TE MAAK

                                                   GEROEP OM 'n VERSKIL TE MAAK
Ons is geroep om 'n verskil te maak nie twv onsself nie, maar twv die eer van God.
Paul Tripp sê die volgende:
God het ons die grootste ooit geskenk naamlik Jesus Christus. Ek het nie hierdie geskenk ontvang ten einde my eie klein koninkrykie suksesvol te maak nie. Ek het dit ontvang om my deel te maak van Sy baie, baie groter Koninkryk. Matt.6:33 sê: "Maar soek eers die Koninkryk van God en Sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word". 
Wat beteken dit ten diepste om God se Koninkryk te soek, eerste te stel? Dit beteken dat God my geroep het om vir meer as net vir myself te leef! "We were never meant to be self-focused little kings with the population of one." (Tripp). Hy sê verder: "God's grace cuts a hole in my self-built prison (kingdom of one) to invite me to step into something so huge, so significant that only one word in the Bible can capture it. That word is "glory". Never shrink the size of your thoughts to your thoughts".
In die artikel oor " het gegaan oor die feit dat:
1. Ons moet toesien dat die eenheid bewaar word.
2. Ons mekaar moet tereg wys.
3. Ons die swakkeres moet bemoedig.
4. Ons lankmoedig moet wees.
5. Ons nie kwaad met kwaad moet vergeld nie.
6. Ons dankbaar moet wees.
7. Ons moet bid.
8. Ons die Gees nie moet  uitblus nie.
Dis belangrik om te verstaan dat al bg. punte alleen moontlik is wanneer ek uitbeweeg uit my koninkryk van een in die heerlikheid van God se Koninkryk. - ek moet groei in God is heerlikheid -  en dit is om God eerste te stel - Johannes 5:44; How can you believe if you receive glory from one another and do not seek the glory that comes from God? Matt.6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid...... Is God eerste?
Wat beteken dit prakties om God se Koninkryk eerste te stel ? Dit beteken dat ek:
Rentmeester - "Never shrink to the size of your care."  Gal. 6:8-10 Hy wat in die vlees saai, sal in die vlees maai, maar hy wat in die Gees saai sal in die Gees maai...... Waar saai ek? Saai ek deur die eenheid onder gelowiges te beskerm? Ander tereg te wys indien nodig, lankmoedig te wees, nie kwaad met kwaad te vergeld nie. Saai ek dankbaarheid? Saai ek gebed?
Gemeenskap - Mekaar Joh.13:34 'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê ... Is ek besorgd oor eenheid?  Neem ek verantwoordelikheid daarvoor? Of is ek besig met my eie koninkryk van een? Is ek bereid om andere op so 'n manier tereg te wys dat ek steeds die persoon hoër ag as myself? Bevorder ek gemeenskap met broers en susters deur hul te bemoedig? Of staan my eie koninkryk voorop? Is ek bereid om lankmoedig te wees met broers en susters sodat ek God daardeur eerste stel? Is ek bereid om die kwaad met die goeie te oorwin sodat ek nie die eenheid skaad nie? Bly ek dankbaar in alles en bly ek bid?
Waarheid - Bly in die waarheid. Fil.4:8 Bedink wat eerbaar..... Bly ek in die waarheid? Wanneer ek nie in die waarheid bly nie is eenheid onmoontlik. Wanneer ek te bang is om iemand tereg te wys is ek beslis nie in die waarheid nie. Vleitaal is nie bemoediging nie. Wanneer ek wil bemoedig moet ek in opregtheid optree. Lankmoedigheid hou nie lank as daar nie eerlike, opregtheid is nie. Sal ek eerlik genoeg kan wees tov my motiewe sodat ek nie kwaad met kwaad vergeld nie? Is ek opreg dankbaar teenoor die Here? Is ek eerlik met die Here en myself wanneer ek bid?
Wanneer ek in eerlikheid kan sê dat dit is waar ek is, dan weet ek dat ek nie die Gees bedroef het of uitgeblus het nie.
Amen


Monday 12 October 2015

Homoseksualisme

Vir ons Gemeente se standpunt t.o.v. Homoseksualisme sien:
http://3riversbaptist.co.za/homoseksualisme/ 
of lees hiernaas:

HOMOSEKSUALISME
Drie Riviere Baptiste Kerk se standpunt:

     Volgens die Skrif is homoseksuele gedrag teen die skeppingsorde (“contra naturam”). God het die heteroseksuele monogame huwelik ingestel as die ruimte waarbinne seksualiteit moet plaasvind. Daarom moet enige vorm van homoseksuele gedrag en dus ook die sogenaamde homoseksuele huwelik deur die Christelike Kerk afgewys word. Persone wat ‘n homoseksuele lyfwyse beoefen, het die verantwoordelikheid om hulle te weerhou van homoseksuele gedrag net soos alle ander mense ten opsigte van hulle gebroke menslike natuur selfbeheersing te beoefen. Hierdie is dan ook die standpunt van SOLA 5 soos verklaar onder punt 9 van hulle Geloofsbelydenis.

     Vanweë die feit dat homoseksuele gedrag “contra naturam” is, kan die Christelike Kerk (en derhalwe die Christelike etiek), nie enige legitimiteit verleen aan ’n homoseksuele verhouding of ’n homoseksuele huwelik nie.

     Dit is verder ons mening dat die wetlike herdefiniëring van die huwelik tot ’n verbintenis wat mense van dieselfde geslag kan insluit, verreikende gevolge vir ons samelewing inhou. Dit sal beteken dat homoseksuele egpare ook kinders wetlik mag aanneem en grootmaak. Volgens ons kan ’n homoseksuele huwelik nie ’n ruimte bied waarin kinders natuurlik opgevoed kan word nie, aangesien studies reeds bewys het dat kinders leiding van ouers van beide geslagte nodig het. Sodanige herdefiniëring van die huwelik sal eerder tot verdere abnormaliteite in ons samelewing lei, wat reeds swaar getref word deur die verbrokkeling van familie- en gesinsnetwerke.

     Die “reg op seksuele oriëntasie” ingevolge artikel 9 van die Grondwet laat ook ruimte toe vir die toekomstige wettiging van poligamiese huwelike en ander verbintenisse.

     Volgens die gedragswetenskappe is die “homoseksuele oriëntering” van “kern- of egte homoseksueles” nie veranderbaar nie en is hierdie oriëntasie o.a. geleë in ’n bepaalde verlies in die ontwikkelingsfases gedurende die kinderjare. Hiermee stem ons hoegenaamd nie saam nie en behalwe dat so ‘n standpunt onbybels is, is dit gewoon ‘n growwe aanname, aangesien so ‘n stelling nog nooit deur enige navorsing bewys kon word nie en ons is van mening dat dit ook nooit bewys sal kan word nie (hou “contra naturam” hier in gedagte).

     Ons as glowiges en derhalwe die kerk van die Here Jesus Christus, moet homoseksuele met Christelike liefde en pastorale deernis begelei om hom/haar te bekeer van hierdie onbybelse leefwyse en Jesus Christus as Verlosser na te volg. Dit is nog nooit en kan ook nie bewys word dat ‘n homoseksuele persoon as homoseksueel gebore word nie, of dan soos dit in die omgangstaal bekend staan, dat hy/sy met ‘n “homoseksuele oriëntasie” gebore word nie – homoseksueles kies dus om ‘n homoseksuele leefwyse en derhalwe ‘n onbybelse leefwyse na te volg en daarom moet en kan so ‘n person hom/haar van ‘n sondige homoseksuele leefwyse en –verhoudings bekeer.

     Omdat die huwelik ‘n instelling van die Drie-Enige en Heilige God is (Gen.1:27-28) en derhalwe ‘n lewenslange verbondseenheid tussen een “natuurlike man” en een “natuurlike vrou” is en wat in die openbaar en formeel voor God gesluit word, is die huwelik slegs ’n heteroseksuele verbintenis (Matt.19:4-6) en kan ’n homoseksuele huwelik of “wettige” homoseksuele verbintenis (beide aanvaarbaar volgens ons landswette) nie in die Christelike Kerk en -etiek as ’n fundamentale reg beskou word nie en het alle persone op grond van die Woord van die Here, die verantwoordelikheid om hulle te weerhou van enige vorm van homoseksuele gedrag en kan hulle nie aanspraak maak op die “reg” van “’n homoseksuele huwelik” nie. In die lig hiervan en die res van hierdie verklaring, sal ons voorganger wat ook ‘n huweliksbevestiger volgens die landswette is, nie homoseksuele “paartjies” in die eg verbind nie (al sou dit die terugtrekking van sy lisensie impliseer).

     Ons as gemeente verklaar dat ons enige persoon of persone wat ’n homoseksuele leefwyse navolg, volledig menslik sal behandel in en buite die kerk (soos enige ander ongelowige, maar sonder die voorreg wat gelowiges in die Kerk kan geniet – bv. die gebruik van die Nagmaal; lidmaatskap ens.), omdat ons homofobiese gedrag en ook ander diskriminasie teen ongeredde persone, insluitend dus, mense wat ’n homoseksuele leefwyse beoefen, beskou as strydig met die liefdesgebod en dus oneties is. Daarom is en sal alle ongeredde (insluitende dus homoseksuele) altyd welkom wees om eredienste, Bybelstudies, ens. by te woon, mits dit geskied in onderwerping aan die gemeente se etos, geloofsoortuigings, die gesag wat in die leierskap gesetel, ens.

     Ons as gemeente sal ook altyd in liefde optree teenoor homoseksuele persone, omdat ons homofobiese gedrag en ook ander diskriminasie teen persone wat ’n homoseksuele leefwyse beoefen, beskou as strydig met die liefdesgebod en dus oneties is.


     Die gelowige persoon wat vantevore ’n homoseksuele lewe gevoer het en hom/haar ten volle daarvan bekeer het en Jesus Christus as Verlosser navolg, kan na die aanvaarding van die voorwaardes vir lidmaatskap en na instemming van die gemeente dat so ‘n broer/suster lidmaat kan word (sien ons gemeente se Konstitusie en voorwaardes vir lidmaatskap) as volle lid van die gemeente hanteer en aanvaar word en sal daarna, dieselfde regte en voorregte as enige ander gelowige lidmaat geniet.