1. INLEIDING:
1 Thess.5:12-19 ~ MAAR ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle
voorgangers in die Here is en julle vermaan;13en bewys hulle in liefde die hoogste
agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar. 14En ons versoek julle, broeders, vermaan
die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees
lankmoedig teenoor almal.15Sorg dat niemand ’n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd
ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal. 16Wees altyddeur bly. 17Bid sonder ophou.18Wees in alles dankbaar, want dit is die
wil van God in Christus Jesus oor julle.19Blus die Gees nie uit nie.
2.
INHOUD:
1.1. Erken die wat onder julle arbei
en julle vermaan:
Hier vra Paulus baie spesifiek vir die
gemeente om hul leiers te respekteer. Hy motiveer dit deur te sê dat hulle hard werk. Met harde werk word geïmpliseer dat die herder van die gemeente
verantwoordelikheid aanvaar om die kudde te voed en te versorg. Hy gaan voort
deur te sê: “ ...in liefde..” Die Evangelie van God Drie-enig is een
van liefde, daarom moet ons, die herder wat waak oor ons siele ook liefhê. Dit is egter nie altyd maklik om die
herder lief te hê nie. Die herder is iemand met gebreke,
glad nie volmaak nie en ‘n gewone mens, maar God verwag van ons
om hom te respekteer in liefde.
Ek wil graag ‘n voorbeeld uit die Skrif noem waar
mense nie hul leiers geag het nie. In Numeri 16 kom Datan, Abiram en Korag teen
Moses in opstand en in Numeri 17 bevestig God dat Hy Moses en Aaron gekies het
om as leiers op te tree. God weet dat die leiers wat deur Hom aangewys is,
blote mense is, maar Hy verwag van ons om hulle ter respekteer en lief te hê twv Sy eer en nie omdat hulle volmaak is nie. Laat ons gesindheid die wees waarvan Dawid in
Psalm 141:5 praat - 5Laat die regverdige my met liefde slaan
en my tugtig—hoofsalf sal my hoof nie weier nie. Heb.12:7-10 sê... julle het die vermaning heeltemal
vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here
nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;6want die Here tugtig hom wat Hy liefhet,
en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.7As julle die tugtiging verdra, behandel
God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? 11Nou lyk elke tugtiging of dit op die
oomblik nie ’n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit
egter ’n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.
1.2. Vrede onder mekaar
Dit verwys terug na die vorige vers
waar ons vermaan word om die herder lief te hê. Wanneer lidmate die leier respekteer
en liefhet, soos hulle moet, maak dit ook vir die herder makliker om eenheid in
die gemeente te bewerk. Die vyand word nooit moeg om onmin, twis en tweedrag te
saai nie, ons moet dit dus ter harte neem om veral, in eenheid met ons herder
en leeraar te wees. Verder wys dit daarop dat almal in die gemeente die
volgende verantwoordelikhede het en nie net die herder nie.
1.3. Vermaan Mekaar:
Die onordelikes wat vermaan moet word
kan beskryf word as diegene wat nie inpas is, met die gemeente en lering van
die gemeente nie – soos ‘n soldaat wat uitpas masjeer. Die
woord “ontugtige” verwys na o.a die wie fanaties is, die bemoeisiekes en
luiaards. 1Thes. 4:11,12 sê ~ …11en julle eer daarin te stel om rustig te
lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk, soos ons
julle beveel het,12sodat julle welvoeglik kan wandel teenoor
die wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie. Ook 2Thess.3:10 ~ 10Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel: as
iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.11Want ons hoor dat sommige onder julle
onordelik wandel, dat hulle nie werk nie, maar bemoeisiek is.12Sulke mense beveel en vermaan ons deur
onse Here Jesus Christus, om rustig te werk en hulle eie brood te eet.
1.4. Bemoedig en Ondersteun die
Kleinmoediges:
Die swakkes moet gehelp word. Hier
praat Paulus van beide fisiese en emosionele swakkes. Hierdie mense moet met
deernis hanteer en bemoedig word. Dit kan selfs ook verwys na persone wat ‘n swakheid het tov ‘n spesifieke sonde.
1.5. Wees Lankmoedig:
Ons moet lankmoedig wees met ALMAL. Hierdie vers verwys na aldrie groepe mense – die onordelikes, swakkes en kleinmoediges! In plaas daarvan
dat diegene verwerp word, moet almal met almal lankmoedig wees. Alles moontlik
moet gedoen word om die nodige geestelike en morele ondersteuning aan almal te
verleen en dit mag nie net van die herder verwag word nie, elke lidmaat moet
betrokke wees.
2.6. Vergelding:
Hierdie gedeelte is
van die uiterste belang, omdat dit elke gedagte van vergelding impliseer. Moet
in geen opsig iemand kwaad vir kwaad vergeld nie. Dit sê verder dat ons
NIEMAND kwaad met kwaad mag vergeld nie – nie eers ons vyand
nie. Rom.12:19-21 ~
19Moenie julle
wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan
My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.20As jou vyand dan
honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink,
want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.21Laat jou nie deur
die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. Die
eerste stap na lankmoedigheid is om nie te vergeld nie.
Dan kom ons by die
positiewe opdragte - Jaag na wat goed is, wees altyd bly, bid altyd en wees
in alles dankbaar.
1.7. Wees bly:
Dit beteken om o.a. kalm te bly in tye wat teenspoed,
aanslae van die bose en beproewing. (Fil. 4:4; Ps.37:5; 1Pet.5:7) Ons moet
onsself dus voortdurend herinner aan al die seëninge wat die Here oor ons uitstort en
agting en waardering daarvoor hê. Ons redding is die grootste geskenk
ooit en daarom kan ons in alle omstandighede bly wees.
2.8.
Bid:
As gevolg van die feit dat ons so maklik deur omstandighede
beïnvloed word, maan hy ons daartoe dat
ons altyd moet bid.
2.9. Dankbaar in alle omstandighede:
Iemand het gesê indien jy sonder dankbaarheid bid,
knip jy die vlerke van jou gebed.
1.10.
Blus die Gees nie uit nie
Hiermee word verwys daarna dat ons die Gees kan uitblus
wanneer ons nie gehoorsaam is aan die Woord van God nie en verder ook as ons
nie agslaan op die prediking nie.
Ons moet dus voortdurend vra dat die Here die olie aan ons
lampe sal verskaf, sodat Sy lig in en deur ons lewens mag skyn.
3. Opsommend
kan ons dus vir mekaar sê:
•
Ons
respekteer ons herder wanneer ons in liefde ter harte neem wat hy preek en
wanneer hy in ons lewens inspreek of ons terreg wys.
•
Elkeen
is verantwoordelik om toe te sien dat die eenheid bewaar word.
•
Ons
het almal die opdrag om andere tereg te wys.
•
Ons
het almal die opdrag om die swakkeres te bemoedig.
•
Ons
moet met almal lankmoedig wees.
•
Ons
mag nie kwaad met kwaad vergeld nie.
•
Ons
moet bly en dankbaar wees, veral oor die feit dat ons gered is.
•
Ons
moet bid.
•
Ons
moet dankbaar wees in alle omstandighede.
•
Blus
die Gees nie uit nie.
4. AFLSUITING:
4Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van
God wat aan julle in Christus Jesus gegee is,5dat julle in alle
opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis;6soos die
getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle,7sodat julle in
geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van
onse Here Jesus Christus,8wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om
in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees.9God is getrou,
deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse
Here (1
Kor.1:4-9). Ook 1 Thes.5:23 ~ 23En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag
julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die
wederkoms van onse Here Jesus Christus!
Ons kan die volgende vir mekaar bid:
•
1Kron.4:10
~ …Oh, that Thou
wouldest bless me indeed…
•
Die
Vrug van die Heilige Gees (Gal.5:22).
•
Dat
…….. in diep afhanklikheid van God en
die Heilige Gees sal lewe en …….. sal onderwerp aan God se Woord
(Matt.5:3; 1Pet.5:6).
•
Dat
die Here God …….. sal seën tydens sy/haar stiltetye (Kol.1:9
-10).
•
Dat
…….. vergenoeg sal wees met wat God gee
(1Tim. 6:10-12).
•
Dat
…….. innerlike krag deur die Heilige
Gees sal hê sodat Jesus Christus ryklik in
hom/haar kan woon (Ef.3:16).
•
Dat
…….. en ek mekaar sal liefhê en sal groei in ons verhouding teenoor mekaar en ons
verhouding met Christus (Ef.5:22 en Ef.5:25).
•
Dat
…….. die Koninkryk van God eerste sal
soek en Sy geregtigheid (Matt.6:33).
•
Dat
…….. getrou sal wees aan die Woord
(1Tim.3:1-7).
•
Dat
…….. in wysheid teenoor sy/haar kinders
en die gemeente sal optree en dat hy/sy, sy/haar/ons kinders en die gemeente
sal liefhê (Ef.6:4; 1Joh.4:7).
•
(Vir
mans) - Dat God …….. sal seën en bevestig in die leierskap
waarvoor Hy hom geroep het (Ef.2:10).
•
Dat
die Here …….. sal seën met liefde, wysheid, nederigheid en
onderskeiding (Fil.1:9 -10).
•
Dat
die Here …….. honger en dors sal maak om van die
Lewende water te drink en te glo, sodat hy/sy na Christus sal gaan en dat daar
strome van lewende water uit sy/haar binneste sal vloei (Joh.7:38).
ooo
OOO ooo