Tuesday 14 July 2015

VERHOUDINGE

1.   INLEIDING:
      1 Thess.5:12-19 ~ MAAR ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;13en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar. 14En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.15Sorg dat niemand ’n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal. 16Wees altyddeur bly. 17Bid sonder ophou.18Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.19Blus die Gees nie uit nie.

2.    INHOUD:
1.1. Erken die wat onder julle arbei en julle vermaan:
      Hier vra Paulus baie spesifiek vir die gemeente om hul leiers te respekteer. Hy motiveer dit deur te sê dat hulle hard werk. Met harde werk word geïmpliseer dat die herder van die gemeente verantwoordelikheid aanvaar om die kudde te voed en te versorg. Hy gaan voort deur te sê: ...in liefde.. Die Evangelie van God Drie-enig is een van liefde, daarom moet ons, die herder wat waak oor ons siele ook liefhê. Dit is egter nie altyd maklik om die herder lief te hê nie. Die herder is iemand met gebreke, glad nie volmaak nie en n gewone mens, maar God verwag van ons om hom te respekteer in liefde.

      Ek wil graag n voorbeeld uit die Skrif noem waar mense nie hul leiers geag het nie. In Numeri 16 kom Datan, Abiram en Korag teen Moses in opstand en in Numeri 17 bevestig God dat Hy Moses en Aaron gekies het om as leiers op te tree. God weet dat die leiers wat deur Hom aangewys is, blote mense is, maar Hy verwag van ons om hulle ter respekteer en lief te hê twv Sy eer en nie omdat hulle volmaak is nie.  Laat ons gesindheid die wees waarvan Dawid in Psalm 141:5 praat - 5Laat die regverdige my met liefde slaan en my tugtig—hoofsalf sal my hoof nie weier nie. Heb.12:7-10 sê... julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;6want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.7As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? 11Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ’n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ’n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

1.2. Vrede onder mekaar
      Dit verwys terug na die vorige vers waar ons vermaan word om die herder lief te hê. Wanneer lidmate die leier respekteer en liefhet, soos hulle moet, maak dit ook vir die herder makliker om eenheid in die gemeente te bewerk. Die vyand word nooit moeg om onmin, twis en tweedrag te saai nie, ons moet dit dus ter harte neem om veral, in eenheid met ons herder en leeraar te wees. Verder wys dit daarop dat almal in die gemeente die volgende verantwoordelikhede het en nie net die herder nie.

1.3. Vermaan Mekaar:
Die onordelikes wat vermaan moet word kan beskryf word as diegene wat nie inpas is, met die gemeente en lering van die gemeente nie soos n soldaat wat uitpas masjeer. Die woord ontugtige verwys na o.a die wie fanaties is, die bemoeisiekes en luiaards. 1Thes. 4:11,12 sê ~ …11en julle eer daarin te stel om rustig te lewe en julle eie sake te behartig en met julle eie hande te werk, soos ons julle beveel het,12sodat julle welvoeglik kan wandel teenoor die wat buite is, en aan niks behoefte mag hê nie. Ook 2Thess.3:10 ~ 10Want ook toe ons by julle was, het ons julle dit altyd beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.11Want ons hoor dat sommige onder julle onordelik wandel, dat hulle nie werk nie, maar bemoeisiek is.12Sulke mense beveel en vermaan ons deur onse Here Jesus Christus, om rustig te werk en hulle eie brood te eet.

1.4. Bemoedig en Ondersteun die Kleinmoediges:
      Die swakkes moet gehelp word. Hier praat Paulus van beide fisiese en emosionele swakkes. Hierdie mense moet met deernis hanteer en bemoedig word. Dit kan selfs ook verwys na persone wat n swakheid het tov n spesifieke sonde.

1.5. Wees Lankmoedig:
      Ons moet lankmoedig wees met ALMAL.  Hierdie vers verwys na aldrie groepe mense die onordelikes, swakkes en kleinmoediges! In plaas daarvan dat diegene verwerp word, moet almal met almal lankmoedig wees. Alles moontlik moet gedoen word om die nodige geestelike en morele ondersteuning aan almal te verleen en dit mag nie net van die herder verwag word nie, elke lidmaat moet betrokke wees.

2.6.    Vergelding:
      Hierdie gedeelte is van die uiterste belang, omdat dit elke gedagte van vergelding impliseer. Moet in geen opsig iemand kwaad vir kwaad vergeld nie. Dit sê verder dat ons NIEMAND kwaad met kwaad mag vergeld nie nie eers ons vyand nie. Rom.12:19-21 ~ 19Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.20As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.21Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. Die eerste stap na lankmoedigheid is om nie te vergeld nie.

      Dan kom ons by die positiewe opdragte - Jaag na wat goed is, wees altyd bly, bid altyd en wees in alles dankbaar.

1.7. Wees bly:
      Dit beteken om o.a. kalm te bly in tye wat teenspoed, aanslae van die bose en beproewing. (Fil. 4:4; Ps.37:5; 1Pet.5:7) Ons moet onsself dus voortdurend herinner aan al die seëninge wat die Here oor ons uitstort en agting en waardering daarvoor hê. Ons redding is die grootste geskenk ooit en daarom kan ons in alle omstandighede bly wees.

2.8.  Bid:
      As gevolg van die feit dat ons so maklik deur omstandighede beïnvloed word, maan hy ons daartoe dat ons altyd moet bid.

2.9.    Dankbaar in alle omstandighede:
      Iemand het gesê indien jy sonder dankbaarheid bid, knip jy die vlerke van jou gebed.

1.10. Blus die Gees nie uit nie
      Hiermee word verwys daarna dat ons die Gees kan uitblus wanneer ons nie gehoorsaam is aan die Woord van God nie en verder ook as ons nie agslaan op die prediking nie. 

      Ons moet dus voortdurend vra dat die Here die olie aan ons lampe sal verskaf, sodat Sy lig in en deur ons lewens mag skyn.

3.   Opsommend kan ons dus vir mekaar sê:
      Ons respekteer ons herder wanneer ons in liefde ter harte neem wat hy preek en wanneer hy in ons lewens inspreek of ons terreg wys.
      Elkeen is verantwoordelik om toe te sien dat die eenheid bewaar word.
      Ons het almal die opdrag om andere tereg te wys.
      Ons het almal die opdrag om die swakkeres te bemoedig.
      Ons moet met almal lankmoedig wees.
      Ons mag nie kwaad met kwaad vergeld nie.
      Ons moet bly en dankbaar wees, veral oor die feit dat ons gered is.
      Ons moet bid.
      Ons moet dankbaar wees in alle omstandighede.
      Blus die Gees nie uit nie.

4.   AFLSUITING:
4Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is,5dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis;6soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle,7sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus,8wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees.9God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here (1 Kor.1:4-9). Ook 1 Thes.5:23 ~ 23En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

Ons kan die volgende vir mekaar bid:
       1Kron.4:10 ~ Oh, that Thou wouldest bless me indeed
       Die Vrug van die Heilige Gees (Gal.5:22).
       Dat …….. in diep afhanklikheid van God en die Heilige Gees sal lewe en …….. sal onderwerp aan God se Woord (Matt.5:3; 1Pet.5:6).
       Dat die Here God …….. sal seën tydens sy/haar stiltetye (Kol.1:9 -10).
       Dat …….. vergenoeg sal wees met wat God gee (1Tim. 6:10-12).
       Dat …….. innerlike krag deur die Heilige Gees sal hê sodat Jesus Christus ryklik in hom/haar kan woon (Ef.3:16).
       Dat …….. en ek mekaar sal liefhê en sal groei in ons verhouding teenoor mekaar en ons verhouding met Christus (Ef.5:22 en Ef.5:25).
       Dat …….. die Koninkryk van God eerste sal soek en Sy geregtigheid (Matt.6:33).
       Dat …….. getrou sal wees aan die Woord (1Tim.3:1-7).
       Dat …….. in wysheid teenoor sy/haar kinders en die gemeente sal optree en dat hy/sy, sy/haar/ons kinders en die gemeente sal liefhê (Ef.6:4; 1Joh.4:7).
       (Vir mans) - Dat God …….. sal seën en bevestig in die leierskap waarvoor Hy hom geroep het (Ef.2:10).
       Dat die Here …….. sal seën met liefde, wysheid, nederigheid en onderskeiding (Fil.1:9 -10).
       Dat die Here …….. honger en dors sal maak om van die Lewende water te drink en te glo, sodat hy/sy na Christus sal gaan en dat daar strome van lewende water uit sy/haar binneste sal vloei (Joh.7:38).



ooo   OOO   ooo

No comments:

Post a Comment